INSTANDHOUDINGSBESTUURDER (LANDBOU)

Share and send to your friends !
General Details
Location:
, CalviniaNorthern Cape
Advertised By: Agency
Job Type: Full-Time
Description
Ons kliënt het ‘n wonderlike geleentheid in die Calvinia distrik vir 'n energieke en hardwerkende persoon om verantwoordelikheid te neem vir die onderhoud van al die toerusting en implemente op die plaas.




Responsibility:
VERANTWOORDELIKHEDE:
Alle algemene onderhoud en herstelwerk op die plaas wat insluit
- Onderhoud van heinings, bakke, waterpypleidings, trekkers, voertuie
- Opstel van jaarlikse instandhoudingsplan
- Beleid implementeer en effektief uitvoer om koste te bespaar
- Algemene instandhouding van die plaas
- Hulp aan eienaar se plaasbestuurder in die versorging van vee en uitbreiding van die kudde
- Rekordhouding en administratiewe take
- Verseker dat onderhoud van alle toerusting geskeduleer is
- Bestuur voorkomende instandhoudingsprogram

VEREISTES:
- 'n toepaslike kwalifikasie en 'n minimum van drie jaar uitgebreide ondervinding in algehele instandhouding van die plaas
- Basiese administrasie- en rekordhoudingvaardighede
- Rekenaarvaardig (MS Office)
- Goeie interpersoonlike en organisatoriese vaardighede
- Geldige bestuurslisensie-kode 08
- Moet sonder toesig kan werk en selfgedrewe wees

Hierdie geleentheid is ideaal vir 'n volwasse persoon met nie-skoolgaande kinders.


OM AANSOEK TE DOEN:
- doen aanlyn aansoek by www.casupport.co.za/vacancies of
- klik op die "Apply" -knoppie of
- stuur 'n omvattende CV na [email protected] met "INSTANDHOUDINGSBESTUURDER" in die onderwerp


Job Reference #: CPT000762


Consultant Name: Ilana AuretPieters